Category Archives: Skolenuus

SKOLENUUS 16/09/2019

Die volgende vier matrikulante:  Tiaan Henderson, Vicky Oswin, Christopher Burls en Cara van Zyl is vanjaar met Springboktoekennings vereer.  Dit is ‘n prestasie waarop jy vroeg reeds fokus en waarvoor jy geduldig moet wag.  Hierdie landsdienslede het reeds vanaf graad 8 aktief deelgeneem en uitsaande presteer.  Intussen het hulle ook alreeds Prestasie Goud en Leierskap verwerf.

Baie geluk aan hierdie besielde Landsdieners wie se droom bewaarheid kon word.  Suidies is voorwaar trots op julle!!!

Suidies se SNAKFEES is opvoerings wat … Read the rest

SKOLENUUS 02/09/2019

Gholf en Simoné Ferreira word gereeld saam in een asem genoem.  Dié talentvolle meisie het al baie naam gemaak met haar gholfprestasies.  Sy het weereens aan die Junior Africa Challenge gholfkompetisie by Sanlameer deelgeneem.  Sy is as wenner van die 0/14 ouderdomsgroep aangewys.  Sy is ook geen onbekende op die podium nie.  Die afgelope 4 jaar al was sy die wenner van haar ouderdomsgroep by hierdie kompetisie.  Voorwaar ‘n prestasie waarop ‘n mens kan trots wees.

Welgedaan Simoné!!!  Ons skool … Read the rest

SKOLENUUS 02/09/2019

LANDSDIENSLEDE VIER LENTEDAG

Landsdieners het moue opgerol om Lentedag met kleur en geur te vier.

Personeel is met allerlei bederf.  Daar is ook besoek afgelê by Mbango en die Flower Foundation om die senior burgers se dag op te vrolik.  Die heerlike verversings en vrolike sang het groot byval gevind.  Tot groot verwondering van die Landsdieners het die bejaardes waar moontlik saamgesing en dit was met weemoed dat hul tot siens moes sê.

Nou is al die pret verby en … Read the rest

SKOLENUUS 19/08/2019

8 van ons leerlinge het aan die Durban-Noord Kollege Eisteddfod deelgeneem en ons is baie trots op die uitslae wat hul behaal het:

  • 90% Brandon Barnard – Sang
  • 89% Linki Buitendagh – Sang
  • 89% Jaden Mc Intyre – Monologue
  • 86% Hermione van Zyl – Sang
  • 83% Liandie du Toit – Afrikaans Voordrag
  • 83% Sylvanna Hayes – Sang
  • 81% Caitlin van Dyk – Afrikaans Voordrag
  • 73% Nikita Harmse – Dans

Suid-Natal se 7’s span is die Skildwenners na hulle Pinetown Boys … Read the rest

SKOLENUUS 19/08/2019

Daar was ‘n Studiemetodekursus by Hoërskool Suid-Natal aangebied.  Die leerlinge het geleer om hul eie ‘brein’ te verstaan, doelwitte te stel en hoe om vir belangrike inligting te luister.  Verder is hulle geleer hoe om opsommings te maak en hoe om sekere inligting te onthou.  Hulle is ook raad gegee waar dit projekte aangaan en hoe om spanning en eksamenstres te hanteer.

Ons glo dat hulle dit baie geniet het en baie geleer her!

Die eerste 7’s Rugbyspan het Saterdag … Read the rest

SKOLENUUS 12/08/2019

Prefekte het op 9 Augustus, Vrouedag ‘n spesiale prefekkamp by Skogheim bygewoon.  Mnr Jono Bestwick het die 25 prefekte opgelei in verskeie situasies en probleemoplossings.  Hulle het die kans aangegryp en baie innoverend gedink en strategieë geleer.  Dankie aan Juf Nicolet Schütz, mev Sandra Nell, mnr Jakkie Herbst en mev Marie Botha, ons skoolhoof wat die prefekte vergesel het.

Die Suid-Natal landloopspan het Vrydag aan die UGU Distrik proewe deelgeneem.  Die atlete het hul baie goed van hul taak gekwyt.  … Read the rest

SKOLENUUS 05/08/2019

Op 30 Julie 2019 het Hoërskool Suid-Natal se atlete aan die Jaarlikse Interskole Atletiekbyeenkoms te Kingspark, Durban gaan deelneem.  Altesaam tien groot skole het aan hierdie byeenkoms deelgeneem en die kompetisie was straf.  Suidies se atletiekspan behaal ‘n uitstekende tweede plek.  Billy Delport van Suidies ontvang die Junior Victor Ludorum toekenning, as die beste junior seunsatleet

Suidies se atletiekspan het ook Saterdag, 3 Augustus aan die Kingsway atletiekbyeenkoms te Amanzimtoti gaan deelneem.  Veertien skole van oor die hele provinsie het … Read the rest

SKOLENUUS 15/07/2019

Ons is ongelooflik trots op op die volgende hokkie-bokkies Kayla Parsons [0/18], Leché Greyvenstein [0/16], Lynette Bester [0/16] en Karin van Wyk [0/14] wat tydens die vakansie aan die KZN Plattelandse A-span wat aan die Noordelike streek toernooi deelgeneem het.  Julle het ons skool se naam hoog gehou en sterkte met julle hokkie-spel.

Die 2018 matrieksertifikate is nou by die skool beskikbaar.

FOTO NAME

Photo A:         Lynette Bester, Kayla Parsons, Karin van Wyk, Leché Greyvenstein… Read the rest

SKOLENUUS 03/06/2019

Saterdag 8 Junie is die groot Sportdag.  Suidies vs Sheppie!!  Ouers en ondersteuners word uitgenooi om die dag saam met ons by Sheppie te kom geniet.

Geluk aan Nadrian Potonas wat gekies is om die UGU-distriktespan by die volgende rondte van die provinsiale proewe te verteenwoordig.

Suidies hokkie het teen New Forest meegeding.  Beide spanne het goeie spel gespeel en gewys waarvan hul gemaak is.  Baie geluk aan Suidies wat albei wedstryde wen.

FOTO NAME

Photo A:

Ankia Stander … Read the rest

SKOLENUUS 27/05/2019

Michelle Kretzschmar het met harde werk en toegewydheid Hoërskool Suid-Natal weereens trots gemaak deurdat sy vir die KZN Skole swemspan vir 2019 verkies is.  Ons wens haar baie sterkte toe vir die SA Skole swem deelname vorentoe in die jaar.

Ses van Suidies se leerders het aan die KZN-finaal redenaars in Newcastle gaan deelneem.  Spesiale geluk aan Zariké Gouws en Linki Buitendagh wat onder die Top 10 geëindig het.

Sterkte aan die volgende skaakleerders wat gaan deelneem aan die UGU … Read the rest