KULTUUR
CULTURE

Landsdiens

Die Landsdiensbeweging is ‘n landwye organisasie wat daarna strewe om by elke lid ‘n liefde te kweek vir:

God, sy Medemens, sy Omgewing en Arbeid


Landsdiens is ‘n gewilde kultuurorganisasie by die skool.  Dit is terselfdertyd opbouend omdat aktiwititeite op gesonde beginsels gebaseer is.

Verskeie projekte en uitstappies word aangepak.  Heelwat energie is gebruik om die Valentynsvieringe en –sokkie aangenaam te laat verloop.

 Landsdiens Areakamp

8 Skole reg oor KZN het die Landsdiens Areakamp 11-13 Maart by Suid-Natal bygewoon.  Hulle het strand skoongemaak, handvaardighede beoefen en die kamp die Sondag afgesluit deur die diens by die NG kerk Port Shepstone.

Streekkamp

Agtien landsdienslede was deel van 120 ander Natallers wat die Streekkamp in Julie te Winklespruit bygewoon het.

Interessante aktiwiteite soos krappe met flitse vang, handvaardigheid met skulpe en boeresport het kampgangers uit die kwaad gehou.

Uitstappies na die Waterpark en “Crocworld” was baie opwindend en die Haairaad het gedemonstreer hoe ‘n haai oopgesny word.

Saans was daar tyd vir talentaanbiedings, lyndans en films kyk.

Ons wil van die geleentheid gebruik maak om vir Juffrou Mariana Rheeder baie dankie te sê vir haar onbaatsugtige diens wat sy aan die skool se landsdiens lewer.  Sonder haar sou ons beslis nie so ‘n suksesvolle landsdiensgroep by Suidies hê nie.

Baie geluk aan mej. Nicolet Schütz en mev. Marie Botha wat erkenning van KZN-Landsdiens ontvang.

Juffrou Schütz is reeds 20 jaar lid van Hoërskool Suid-Natal se Landsdiens.  Na 12 Areakampe, 16 Streekkampe en 4 Nasionale Kampe, ontvang juffrou Schütz die Silwer Proteatoekenning wat sy absoluut verdien.

Mevrou Marie Botha ontvang ‘n sertifikaat van Erkenning vir 27 jaar se kosbare betrokkenheid by die Landsdiens.  Vanaf 2013 was mevrou Botha lid van die Landsdiens se Beskermingskomitee vir Hoërskool Suid-Natal.

Daar word gefokus op allerlei lekker aktiwiteite soos Valentynsdagvieringe (en die Valentynsokkie). Deur die jaar word besoek afgelê by bejaardes om te help om hul lewens effe op te kikker. Lentedag is gewoonlik ‘n reuseprojek wat die Landsdieners baie geniet.

Twee belangrike kampe is gewild by die lede: die Gebiedskamp in Maart en die Streekkamp in Julie. By laasgenoemde kamp word aangekondig watter lede Nasionaal kry.

Geluk aan die 2014- Nasionale kampgangers :

Melissa Morrison, Yulán Stander, Carla du Plessis, Josh du Plessis, Ilze de Wet, Adél van Wyk en Stian Vermaak.

Landsdiens het reeds 13 Junior Springbokke opgelewer :

Marelise Steyn en Stefan Klopper (2013) en Stian Vermaak (2014).

Ons is ook trots op Yulán Stander wat vanjaar KZN-Landsdiens by die Jeugleiersberaad in die Oos-Kaap verteenwoordig het.

Sonder elke lid se kosbare bydrae kan Landsdiens nie bedryf word nie.

kultuur-landsdiens

 

 

 

 

Snakfees en Pantonieme

Vertonings gewoonlik in Julie of Oktober.

Een van die aande is ‘n Barnyard vertoning waar jy jou eie

verversings saambring.

Res van die vertonings is gewone vertonings

Onderwyser in beheer van die Snakfees:

Juf. Nicolet Schütz

KUNSKLUB

Mev Boshoff en kunsklublede het aan die begin van die jaar vuur en vlam begin met ons kunsklub. Daar is heelwat kunstige leerders met talent.

Hierdie kunswerke word ook gereeld tydens skoolfunksies, oueraande en kultuuraangeleenthede uitgestal. Die leerders van Suid-Natal Hoërskool geniet dit baie om uiting te gee aan hulle kreatiwiteit.

Voorbeelde van leerders se kunswerke:

REDENAARS

EG JANSEN REDENAARS

Rochelle Potgieter en Ankia Stander het in April 2016 deurgedring na die finale rondte van die EG Jansen Redenaarskompetisie.  Hulle twee het as die Juniorspan hul uitstekend van hul taak gekwyt.

INTERNE REDENAARS

Tydens ons jaarlikse interne kompetisie is Carla du Plessis as algehele Seniorwenner aangewys en Cindi-Mari Buitendagh het met die junior-titel weggestap. Baie geluk!

ATKV AFRIKAANSE OLIMPIADE EN TWEETALIGHEIDSEKSAMEN

‘n Groot groep leerders het aan die gesogte Afrikaanse Olimpiade enTweetaligheidseksamen deelgeneem en ons wag in spanning vir hulle uitslae om bekend gemaak te word.

ENGLISH SPEECH CONTEST

The Internal English Speech Contest will take place in August.
The contest is divided into a Junior and Senior section where a winner for each section is determined.

DEBATING

The School is affiliated with the KZN Debating Association.

Suid-Natal neem aan die Durban Suid-Liga in 2016.

16 leerlinge van Hoërskool Suid-Natal verteenwoordig 4 spanne, twee juniors en twee seniors.

Uitstaande leerlinge wat meer as eenkeer aangewys is as “Best Speaker” is Kofi Mkumla (graad 12), Cerese Botha (graad 10) en Ankia Stander (graad 9).

ROTARY TEAM TALK

Drie van ons Graad 12 dogters; Carla du Plessis (Speaker 1),

Charné Pretorius (Speaker 2) en René de la Rey (Speaker 3)

het Suidies tydens die Rotary Team Talk 2015 verteenwoordig.

Die span se tema “Armoede in ons skole” het aan Suid-Natal ‘n

tweede plek besorg en René is as beste spreker van die dag aangewys.

Baie geluk aan die drie sprekers wat Suidies se naam hoog gehou het.

SPELLING BEE

Learners (gr 8 – 12) receive spelling lists they have to study. A test is written and the finalists are determined.

The finalist (Junior & Senior) take part in the spelling contest where words are asked and they have to spell it.

A junior & senior winner are determined by their ability to spell words asked.

SPOTLIGHT KOERANT

Die WIE, WAT EN WAAR van ons skool op swart, wit en kleur in ons eie koerantjie.

Die skoolkoerantjie onder leiding van mev G Voigts word deur ‘n redaksie wat uit leerders bestaan saamgestel.

Gedigte

Lwazi (links) en Omega (regs) het ‘n spesiale gedig geskryf en opgevoer vir die Gr.12 leerders van 2010 tydens die merietefunksie.

“Here we stand”

 

Mnr en Mej. Suid-Natal

2017

MNR SUID-NATAL CHARLES THOMPSON & MEJ SUID-NATAL ASHKé THERON

  

Hoërskool Suid-Natal was Vrydagaand 3 Maart 2017 omskep in die nuwe “Olimpus”.  Griekse gode en godinne het die asems weggeslaan!  Die volgende leerders het weggestap met die lourierkranse:

Mej Fotogenies:          Ashké Theron

Mnr Fotogenies:          Charles Thompson

Gr 12 Mej Persoonlikheid:      Eyleen Botes

Gr 12 Mnr Persoonlikheid:      Jacquis du Plessis

Gr 11 Mej Persoonlikheid:      Marizane Wagenaar

Gr 11 Mnr Persoonlikheid:      Thyren Potgieter

Mnr Suid-Natal – Charles Thompson

1ste Prins – Thyren Potgieter

2de Prins – Nico Gouws

Mej Suid-Natal – Ashké Theron

1ste Prinses – Esther Boshoff

2de Prinses – Marizane Wagenaar

Ons opregte dank aan die gemeenskap wat weereens hul beursies wyd oopgemaak het om hierdie fondsinsamelingspoging suksesvol te laat verloop.

Dit was ‘n voorreg om oud Suidies Camena Drakopoulos, Rudi Prinsloo, Helenka Barnard, Sharna-lee van der Merwe uit te nooi as beoordelaars en Sean van Tonder het ons met sy ondervinding bygestaan.

 

2016 

Die gewilde Mnr / Mej Suid-Natal-kompetisie is in 2016 gekombineer en het op Vrydag,4 Maart  plaasgevind. Dit was ‘n aand vol afwagting en pret.

52 Deelnemers het hul harte uit gedans en die beoordelaars bekoor met hul natuurlikheid, sjarme en skoonheid.

Mej Suid-Natal (Kofi Mkumla) en Mnr Suid-Natal (Reinhardt Bosse).

1ste Prinses en Prins : Crystal Thomas en Nico Gouws

2de Prinses en Prins : Alicia Horne en Jarred Gross

Mej. Suid-Natal en Mnr.Suid-Natal word alternatief elke jaar gehou.

Onderwysers in beheer:

Mev. T Le Roux, Mev. S. Nell en Mej. N. Schütz

2014

MEJ SUID-NATAL 2014

Mej.Suid-Natal 2014/2015 Amanda Smit, Chantelle Makkink (links) 1ste prinses en Annika Kotze (regs) 2de prinses

 

Mnr. Suid-Natal

Onderwysers in beheer:

Mev. T Le Roux, Mev. S. Nell en Mej. N. Schütz

MNR SUID-NATAL 2015 ‘n REUSESUKSES

mnr-suid-natal-2015

Eljuan du Toit (1ste Prins), Stian Vermaak (Mnr. Suid-Natal) en

Josh du Plessis (2de Prins)

Mnr Suid-Natal het op 13 Maart 2015 plaasgevind en ons het ‘n ware skouspel ervaar met indiane. Die agtergrond was geverf en tente gebou, danspassies ingeoefen en al die seuns het baie spoggerig gelyk. Die skare was meelewend en ‘n uitsonderlike Suidie-tradisie het weereens gestalte gekry.

Mnr Fotogenies : Gerhard Grové

Mnr Persoonlikheid Gr 12 : Cameron Smit

Mnr Persoonlikheid Gr 11 : Muller Booyens

Dankie aan al ons borge en die gemeenskap wat hul harte en beursies oopgemaak het.

EISTEDDFOD

Die Eisteddfod het 23-25 Augustus plaasgevind. Demi Steyn, Cindi-Mari Buitendagh, Cara du Plessis, Abigail Atkinson, Esther Boshoff, Denielle Steyn, Eyleen Botes, Candice McDonald en Ankia Stander het deelgeneem.

Hulle het onder meer verskeie goue en silwer sertifikate verdien.

 

CSV

CSV vind plaas elke Donderdag 2de pouse. Die leerders kuier lekker met ‘n koppie boeretroos en geestelik word hul harte gevul met pragtige boodskappies gelei deur pastoor Andy. Onderwysers betrokke by die CSV is juf Zurette Viljoen en Danelle Janse van Rensburg.