You are currently viewing SKOLENUUS 05/08/2019

SKOLENUUS 05/08/2019

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Op 30 Julie 2019 het Hoërskool Suid-Natal se atlete aan die Jaarlikse Interskole Atletiekbyeenkoms te Kingspark, Durban gaan deelneem.  Altesaam tien groot skole het aan hierdie byeenkoms deelgeneem en die kompetisie was straf.  Suidies se atletiekspan behaal ‘n uitstekende tweede plek.  Billy Delport van Suidies ontvang die Junior Victor Ludorum toekenning, as die beste junior seunsatleet

Suidies se atletiekspan het ook Saterdag, 3 Augustus aan die Kingsway atletiekbyeenkoms te Amanzimtoti gaan deelneem.  Veertien skole van oor die hele provinsie het aan hierdie byeenkoms deelgeneem.  Suidies se atlete het baie goed gevaar en spog met uitstekende uitslae.  Suidies se seunspan verower ‘n algehele vierde plek, terwyl die meisiespan ‘n uitstekende tweede plek behaal.

Welgedaan Suidies!

FOTO NAME

Photo A:         Liandie du Toit

Photo B:         Jessica de Bruyn