You are currently viewing SKOLENUUS 19/03/2018

SKOLENUUS 19/03/2018

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

OPWINDENDE LANDSDIENSKAMP

Die afgelope naweek het Hoërskool Suid-Natal saam met Suid-Natal Primêr ‘n Area- Landsdienskamp te Skogheim bygewoon. Leerlinge het geleer om hulle leierskap te ontwikkel. Hulle het vuurpyle gebou wat hulle moes afskiet en laaste maar nie die minste nie het hulle aan die uitmuntende kos gesmul. Dankie aan Jono Bestwick en sy span. Hulle was manjifiek!

Vier atlete van Hoërskool Suid-Natal het 9-10 Maart aan die KZN Atletiek-Kampioenskappe te Kingspark, Durban gaan deelneem en uitstekend gevaar.

Hierdie atlete behaal die volgende plekke:

Adri van der Walt 1ste plek [Gewigstoot dogters 0/19]
2de plek [Diskus dogters 0/19]

Rachell Siangape 1ste plek [200m LSEN-dogters 0/19]
2de plek [100m LSEN-dogters 0/19]

Leslie Walker 1ste plek [Hoogspring LSEN-seuns 0/15]
1ste plek [Diskus LSEN-seuns 0/15]

Brendon Jansen 3de plek [100m LSEN-seuns 0/15]
4de plek [200m LSEN-seuns 0/15]

Welgedaan Suidies!!

FOTO NAME

Photo A: Vicky Oswin, Michelle Kretzschmar, Tiaan Henderson, Rochelle Potgieter,
Candice McDonald, Ankia Stander en Christopher Burls