You are currently viewing SKOLENUUS 19/08/2019

SKOLENUUS 19/08/2019

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Daar was ‘n Studiemetodekursus by Hoërskool Suid-Natal aangebied.  Die leerlinge het geleer om hul eie ‘brein’ te verstaan, doelwitte te stel en hoe om vir belangrike inligting te luister.  Verder is hulle geleer hoe om opsommings te maak en hoe om sekere inligting te onthou.  Hulle is ook raad gegee waar dit projekte aangaan en hoe om spanning en eksamenstres te hanteer.

Ons glo dat hulle dit baie geniet het en baie geleer her!

Die eerste 7’s Rugbyspan het Saterdag aan die Hillcrest High 7’s toernooi deelgeneem.  Hulle het die Plaatfinaal teen Durban-Noord Kollege gewen.

FOTO NAME

Voor:  Jordan Bester, Aldrich Wichman, Elzaan Mansfield, Simoné Ferreira, Riana Howard.

Agter:  Ulrich Potgieter, Marleoné Wichman, Nickus van der Merwe, Billy Delport