You are currently viewing SKOLENUUS 20/05/2019

SKOLENUUS 20/05/2019

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Diertjie Donderdag of anders “Fluffy Fursday” was gedryf deur die Sodiale Media Redaksie en die Landsdieners van Hoërskool Suid-Natal ten bate van die DBV [“SPCA”].  Elke sent en kossie gaan beslis ‘n magie vul en die komberse sal sorg dat hulle warm slaap.  Dit was ‘n reuse sukses en baie dankie aan elke leerder wat bygedra het sodat ons, ons dierevriende kan help.

Die naweek het net die junior spanne uitgedraf om te speel teen Scottburgh.  Meeste van die tellings was ten gunste van Suidies.

FOTO NAME

Photo A:

Agter:  Michelle Kretzschmar, Ankia Stander, Brigitta Botha, Shanzé Marais, Mnr Erwee Mynhardt, Marleoné Wichmann, Cara van Zyl, Marléne Cloete, Tiaan Henderson

Voor:   Megan Barnard, Cindy Bond

Photo B:

Simoné Ferreira