• Die skool gebruik ‘n stelsel van deurlopende assessering waar, afgesien van eksamens en toetse, alle ander werk (bv huiswerk, projekte ens.) ook op ‘n deurlopende basis bepunt word.
  • Leerders wat nie hul huiswerk doen nie of nie ‘n taak inhandig nie kry nul. Diegene wat nie by die skool is nie, kan nie geassesseer word nie en verbeur sodoende die geleentheid om ‘n slaagpunt op ‘n maklike wyse te verdien.
ASSESSERING LSEN Gr 8 Gr 9 Gr 10 Gr 11 Gr 12
K W A R T A A L
CASS * 1 2 3 4 1 2 3 1 2 3 1 2 3 1 2 3 1 2 3
Klastoetse 1 2 3 4 1 2 3 1 2 3 1 2 3 1 2 3 1 2 3
Eksamen 4 2 4 2 4 2 4 2 4 2 3 4

* CASS: Deurlopende assessering bv. huiswerk, take, mondeling ens.

  • Die skool behou hom die reg voor om eksamens/toetse tot op die heel laaste skooldag te laat skryf en geen leerder sal sonder ‘n grondige rede van die skryf van toetse/eksamens vrygestel word nie.
  • Leerders wat gedurende ‘n kwartaal ‘n eksamen in ‘n vak misloop of weens afwesigheid of ander rede nie in genoegsame opdragte geassesseer is nie, sal nie ‘n kwartaalpunt vir daardie betrokke vak kry nie.