Ons Geskiedenis

Suid Natal High School: Sunday, 26 August 2018·

Die geskiedenis van die Southern Natal High School en die daaropvolgende Suid-Natal Hoërskool.

In 1956 het Port Shepstone se Rotary Klub ondersoek ingestel na die behoefte om deeltydse tegniese klasse vir vakleerlinge in en om Port Shepstone aan te bied. Daar is gevind dat onderwysers wat tegniese vakke aanbied baie skaars was en die ondersoek is laat vaar. In 1959 het werkers wat by die konstruksie van die Umzimkulubrug betrokke was, Port Shepstone High School genader met die versoek om saans klasse in gebruiks-Afrikaans te neem. Mnr. M. L. Uken, ‘n onderwyser by die skool, het ingestem en het klasse vir volwassenes in sy klas begin aanbied. Sy kollega, Mnr. P. Sowman, het voorgestel dat die klasse uitgebrei word om onder meer kommersieële vakke in te sluit. Mnr. Uken het die voorstel by ‘n komiteevergadering van die Natal Provinsiale Administrasie Personeel Assosiasie gemaak en het hul ondersteuning ontvang. Dis was egter genoem dat die Rotary klub “reeds so iets probeer het”.

In 1960 het Mnr. Uken die Rotary klub gekontak en hulle gevra om hul ondersoek weer in te stel. Hy het onderwysers gewerf wat ook in die projek belanggestel het en onderneem het om deeltydse klasse aan te bied. Die Rotary klub het intussen Dr. A. Ritten en A. McB. Martin gevra om die vakleerling-sy daarvan op te volg. ‘n Lys van leerlinge wat geïntereseerd was in tegniese, komersieële, kulturele en ander vakke is deur Mnr. A. McB. Martin by die Illings Departementswinkel saamgestel. ‘n Gemeenskapsvergadering is uiteindelik op 25 Oktober 1960 in die Raadskamer gehou. ‘n Komitee is verkies met Mnr. A. Ritten as die voorsitter en Mnr. M. L. Uken as die Sekretaris/Hoof van die voorgestelde “Port Shepstone en Distrikte Volwasse Onderriginstituut”.

Vroeg die volgende jaar het die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskappe die nuutgevonde Voortsettingsklasse erken in terme van die Beroepsopleiding Onderrigbeleid van 1955 en is ‘n aanvanklike bedrag van R1700.00 goedgekeur. Klasse is in die Robinsongeboue, sowel as by die Mothsaal en die Rooikruiskliniek in Margate aangebied. Meer as 400 studente het in die eerste jaar baat gevind by klasse soos Afrikaans, Engels, Zoeloe, Tegniese vakke vir vakleerlinge, Snelskrif, Tikwerk, Geografie, Fisiese wetenskap, Wiskunde, Kuns, Naaldwerk en nog meer. Die instituut het ook ‘n sentrum vir die Nasionale Eksamen geword. Eiendomseienaars van die Marburg omgewing het 50 akkers geskenk wat geoormerk was vir die toekomstige Kommersieële en Tegniese Hoërskool.

Die voltydse Southern Natal Commercial High School is gevolglik op 30 Januarie 1962 met 105 leerlinge begin. Mnr. Uken, wat sy pos by Port Shepstone High School ontruim het, het die rol van die eerste hoof by die nuutgevonde skool gevul. Die skool is offisieël op 27 April 1962 deur Mnr. D. E. Mitchell M.P. geopen.

Die personeel het bestaan uit:

Mej. I.M.C. Nebelung (Snelskrif en Tikwerk)

Mnr. R.M. Scott (Boekhou en handel)

Mnr. J.S. Schutte (Engels)

Mev. E. Kruger (Afrikaans)

Mev. J. Harison (deeltydse Wiskunde en Musiek)

Mej. D.L. Rawlins (Klerk)

Mev. M.L. Elliot, Mnr. J.S. Pullen en Mnr. M. Johannesen het later in dieselfde jaar by die personeel aangesluit.

Die skool was uniek in Suid-Afrika nadat daar, na aanleiding van ‘n petisie aan die Minister, spesiale toestemming verleen is om Standerd VII aan te bied waar dit in die res van die land die gebruik was dat Kommersieële Hoërskole eers in Standerd VIII begin.

Intussen het die deeltydse vakleerling- en volwasse klasse op ‘n verminderde skaal voortgegaan. ‘n Meer geskikte terrein is vir die toekomstige Kommersiëele Hoërskool deur die Port Shepstone Stadsraad toegeken.

Die skool het vinnig uitgebrei. ‘n Koshuis vir 30 meisies is in Januarie 1963 by Pricestraat 15 geopen. Die komitee het twee ‘prefab’ geboue opgerig en ‘n gedetailleerde memorandum, aangaande die opvoedkundige behoeftes van die Suidkus, is aan die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskappe voorgelê. Die gevolg hiervan was ‘n besoek van die Departementele Beplanningskomitee van Pretoria. Toe ‘n tweede meisieskoshuis en nog twee ‘prefab’ geboue die volgende jaar opgerig moes word, het die Departement dadelik ‘n argitek vir die voorgestelde nuwe skool aangestel. Finasieële beheer is aan die Natal Tegniese Kollege (deesdae die College for Advanced Technical Education) toevertrou. Mnr. W.S. Marais is as argitek van die R1 000 000 skool en koshuis aangestel.

Sketsplanne is in 1965 goedgekeur. Die vakleerlingafdeling is na Sinclaire’s geboue geskuif en Mnr. P. Miles is in beheer geplaas. Kadette is by die skool geïnkorporeer en die skoolkoerantjie GNUS het sy eerste verskyning gemaak toe Eerwaarde die Administrateur van Natal, Mnr. T.J.A. Gerdener, as gaspreker by die skool se prysuitdeling opgetree het.

In 1966 is ‘n derde koshuis, Fernvilla, vir 30 seuns geopen. Die leerlinge was tot en met die opening op ‘n gasteplaas woonagtig, Die skool het ook besoek van Dr. en Mev. J.J.P. Op’t Hof, Sekretaris van Onderwys, Kuns en Wetenskap, ontvang.

In terme van die Onderwysdienstebeleid van 1967 is die oorspronklike Voortsettingsklasse Komitee op 30 November 1967 ontbind en is die skool vanaf 1 Desember na ‘n departementele skool verander. Dr. A. Ritten is deur die Minister van Nasionale Onderwys, Mnr. J. de Klerk, as voorsitter van die nuwe skoolkomitee aangestel. Mnr. J. de Klerk het ook dan die hoeksteen van die nuwe skool se fondasie op 16 Augustus 1968 gelê. Hy het ook daarmee onderneem om die projek te voltooi en dan aan die Natalse Administrasie te oorhandig.

Die vakleerling- en volwassene klasse, wat eens ‘n integrale deel van die projek was, het nie deel uitgemaak van die nuwe skool nie en is as aparte instituut, met Mnr. P. Miles as hoof, gestig.

Die Port Shepstone Tegniese Instituut het ‘n eie beheerliggaam gevorm. Die Sinclaire’s geboue is ontruim en ‘n tydelike gebou is on Marburg opgerig.

Die karakter van die skool is in 1969 verander toe die eerste Standerd VII Afrikaanse klas van Port Shepstone High School af oorgeplaas is. ‘n Nuwe Akademiese element is hierdeur by die andersins spesialiserings skool gevoeg. Die Nasionale Kurikulum en sillabus word deur die Akademiese afdeling gevolg. Die nuwe skool en geboue is in Januarie 1970 betrek. Vandag is die skool ‘n mede-opvoedkundige en meertalige instansie.

Vertaal uit ‘n artikel in die South Coast Herald

BOODSKAP VAN DIE STIGTERHOOF — DR MEINHARD UKEN

Onderwys deur die medium van Afrikaans aan die Natalse Suidkus het ‘n lang en fasineerende geskiedenis.

As  Duits-sprekende jong onderwyser wat al sy onderrig in Engelsmedium  gehad het, met net een kursus in Afrikaans-Nederlands vir sy B.A, was my  eerste aanstelling deur die Natalse Onderwysdepartement in 1952 dié van  klasonderwyser van ‘n klein groepie Afrikaanse leerlinge in standert 4,  5 and 6 aan die Sekondêre Skool van Port Shepstone. Ek moes alle vakke  behalwe klasmusiek en L.O. deur middel van Afrikaans doseer.

Met  die opening van die nuwe Engelsmedium Port Shepstone High School in  1953 is ek soontoe oorgeplaas as aardrykskunde onderwyser.

Toe  die Umkimzulubrug in aanbou was, het die Engelse werknemers van die  kontrakteur Port Shepstone High School genader met die versoek om  aandklasse in Afrikaans aan te bied. Ek het my bereit verklaar en die  lesse in my klaskamer gegee. ‘n soortgelyke versoek het van die  personeel van die Indiër hoërskool gekom, aangesien dat kennis van  Afrikaans vir hulle sou kwalifiseer vir ‘n tweetaligheids bonus. Daar  het ek toe namiddagklasse aangebied.

‘n  Kolega op the Port Shepstone High School personeel, mnr Peter Sowman,  het my toe gevra of ek nie soortgelyke klasse in boekhou, tik en ander  vakke wil reël. Hy wys toe dat die Departement van Onderwys, Kuns en  Kultuur deur hulle afdeling vir volwasse Onderwys, sulke klasse  ondersteun.

Die vraag het ontstaan of daar nie  voorsiening gemaak kan word vir volwassenes wat hulle Matriek wil  voltooi en of vakleerlinge nie geholpe kan word nie. ‘n Besoek aan  Pretoria het gevolglik gelei tot die ontstaan van die Port Shepstone en  Distrik Voortsettingsklasse met drie afdelings: tegniese vakke vir  vakleerlinge, erkende eksamensvakke vir matriek en selfonderhoudende  nie-eksamen vakke soos Blommerangskikking,  Kuns en Zoeloe. Toe die klasse ‘n inskrywing van oor die 400 gehad het  en klasse al langs die kus van Hibberdene tot Margate aangebied is, het  die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap drie inspekteurs Port  Shepstone toe gestuur en vir my die pos van voltydse hoof aangebied.

Die  Suid-Natalse Hoër Handelskool het in Januarie 1961 in die ou seuns  koshuis in Bereaweg met 105 leerlinge en 5 onderwysers geopen. Dit was  ‘n geskiedkundige dag met die eerste Afrikaansmedium standerd sewe klas  aan die Suidkus van Natal. Hierdie stap was moontlik gemaak nadat my  oorlede vrou, Edith Uken, ds. van Wiellig genader het om ‘n petisie aan  die Minister to stuur met die versoek om hierdie klas intestel.

Tot  daarnatoe moes die Afrikaanse leerlinge of Port Natal toe gaan of van  medium verander. Hoër Handelskole dwarsdeur die land het slegs met  standerd 8 begin. Die eerste Afrikaansmedium Standerd 7 leerlinge was  toe verplig om ‘n kurrikulum te volg wat na die handelsrigting  geörienteer was.

Die eerste Nationale  Seniorsertifikaat met Matriekulasie vrystelling is in 1964 in die  parallelmedium Hoër Handelskool afgelê. Kragtens wetgewing is die skool  saam met alle ander beroepskole in die land op 1 April 1968 aan die  provinsiale overhede oorgeplaas. Ek is toe saam met die personeel weer  onder beheer van die Natalse Onderwysdepartement geplaas.

Die  Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap het die ontstaan van ‘n  skoolraad verlang en ek het die Rotaryklub Port Shepstone voorgestel.  Die Rotaries was gewillig en het Dr Alec Ritten benoem as voorsitter van  die Raad to wees. Die Raad het ywerig te werk gegaan en  verteenwoordiging van die Port Shepstone Skoolraad bekom.

In 1974 is ek as Onderwysbeplanner aan hoofkantoor Pietermaritzburg bevorder.

Die  nuwe skoolgebou en die koshuise is nog deur die nasionale regering  opgerig. Senator Jan de Klerk het die hoeksteen op 16 August 1968 gelê,  en op 23 Oktober 1970 is die Hoerskool Suid-Natal deur die  Administrateur Ben Haveman geopen.

ML Uken