ONDERRIGFASILITEITE

Alle klasse is met rekenaars en dataprojektors toegerus. Dit stel personeel in staat om tydens lesse toegang te hê tot die internet en enige aktuele materiaal wat ‘n bydrae tot die leerproses kan maak.

Leerders word ook opgelei om hul selfone pro-aktief te gebruik gedurende lesse.

HUIS UKEN KOSHUIS

Ons koshuis bied Suidies ‘n tuiste waar hy/sy as ‘n individu gesien word en waar ‘n trots vir die koshuis-tradisies ontwikkel word.

Die koshuis bied die volgende:

  • Ten alle tye goeie beheer en toesig
  • Die verskaffing van voedsame etes
  • Geleentheid om aan sport-en kultuuraktiwiteite van hul keuse deel te neem
  • Vaste studietye met die nodige toesig en dissipline
  • Die geleentheid om na die beste van sy/haar vermoë te presteer.
  • Gesonde ontspanning.

Elke kamer huisves 2 leerlinge en ons badkamers is van uitstekende gehalte.

Daar is inwonende onderwysers wat dien as voogde.

Indien u sou belangstel in koshuisinwoning vir u kind, kan u gerus die koshuisopsigter kontak

Mev Ilze Robberts
079 981 1039
robbertsilze@gmail.com

koshuis aansoekvorm / hostel application form PDF

Koshuis Gallery


VAKANSIEVERBLYF EN SPORT EN KULTUUR GROEPBESPREKINGS

Suidies Koshuis kan ook groepe van tot 240 mense huisves.

Kamers kan tussen 2-4 mense huisves.

 

Vakansiebesprekings: WILMA DE BEER
072 289 7316
 debeer.wilma@yahoo.com
Koste:
Volwassenes R210.00 per persoon per dag
13 jaar en onder R160.00 per persoon per dag
3 jaar tot 5 jaar R105.00 per persoon per dag
Kinders onder 3 jaar Gratis
‘n Eenmalige R100.00 administrasiefooi per gesin betaalbaar op alle besprekings.
Sport en kultuur
Groepbesprekings:
Kelly du Plessis
☎ 039 682 2212
 suidies@suidnatal.co.za
Koste:  Pryse op aanvraag

SNOEPIE

Suidies spog met ‘n wenner eet-en drinkgoed kafeteria. Besoek die Snoepie pouses vir heerlike geroosterde broodjies, pasteie, slaptjips, soetgoed, verfrissende koeldrankies, water en nog meer. As jou wurmpie huil kom maak gerus ‘n draai by die Snoepie.


LEERDER ONDERSTEUNING

Liewe Suidie Ouer

Realiteit gaan soms gepaard met klippe kou, maar ons weet dat ‘n bietjie begrip die helingsproses kan begin.

Daarenteen hou die lewe soms ‘n uitbundige opgewondenheid vol moontlikhede in die hand!

Tydens hierdie dinamiese lewensfase word ons jongmense uitgedaag om ruggraat te toon; standpunt in te neem, op te staan, geleenthede aan te gryp, karakter te ontwikkel, hulself te ontdek……Die kinderleidingspan is opgewonde om te ondersteun, te bemagtig, te vier, te hoor, te help en te begelei. Ons hou van uniekheid en energie ~ ons fokus dus op persoonlike groei en vooruitgang.

Indien julle graag by ons wil kom aanklop is julle welkom om ‘n epos te stuur of telefoonoproep te maak, ons help graag!

Algemene epos:
suidies@suidnatal.co.za

Telefoonnommer:
 ☎ 039 682 2212

Charlene Kodi:
 ☎ 039 685 0054
 ✆ 083 309 8320

Dr Marina Botes (Maatskaplike Werker):
 ✆ 082 072 9659
 ✉ cmdmarina@yahoo.com

ELDAD Counselling, Ciska van Zyl (Berader):
 ✆ 082 353 5556
 ✉ ciscavanzyl1959@gmail.com