You are currently viewing SKOLENUUS 20/02/2017

SKOLENUUS 20/02/2017

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Suidies swemmers het soos visse in die water geswem in die Afrikaanse Hoërskole gala waar 10 skole teen mekaar meegeding het.  Hulle raap die trofeë voor al die skole weg met een punt verskil tussen eerste en tweede plek.  Baie geluk Suidies!!!

Ons sê geluk aan die 4 leerders wat die midmar geswem het en medaljes ontvang het:  Marcé Strydom, Kevtin Vorster, Christiaan Brits en Jason Steyn.    Juf Merike Durrheim spog met haar 20 ste midmar wat sy die jaar voltooi het.

Suidies se eerste netbalspan het met ‘n naelskraap oorwinning gewen teen Sheppie High.

Die eerstespan rugby het die sluise te laat probeer oopdraai en verloor teen Sheppie High.  Hul gaan aanstaande Vrydag  in Toti speel teen Amanzimtoti High om 17:00 vir ‘n derde of vierde plek.

FOTO NAME

Photo A:          Ashké Theron

Photo B:          Otto Botha