You are currently viewing SKOLENUUS 24/10/2016

SKOLENUUS 24/10/2016

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

GELUK AAN DIE NUWE LEIERS VIR 2017

Hoërskool Suid-Natal kondig met trots aan dat Chané Venter en Francois Pretorius as hoofleiers aangewys is en Bianca van der Merwe en Jason Saayman as onderhoofleiers.  Welgedaan en baie geluk!

Ons wil baie dankie sê aan Jared Gross, Tami le Roux [hoofleiers van 2016] en Wensel Schonken en Alicia Horn [onderhoofleiers van 2016] vir al hul harde werk en geduld.

Daar is groot skoene om te vul vir die leiers van 2017!

Suidies het ‘n bed uitgeloot geskenk deur “The Bedshop”.  Die lootjies is getrek en mev Meisie Moolman is die gelukkige wenner van hierdie splinternuwe dubbelbed geskenk deur “The Bedshop”.

Baie dankie aan almal wat bygedra het om hiervan ‘n groot sukses te maak.

FOTO NAME

Photo A:          Bianca van der Merwe, Chané Venter, Francois Pretorius, Jason Saayman

Photo B:         Mev Marie Botha [Skoolhoof] en mev Meisie Moolman