You are currently viewing SKOLENUUS 27/02/2017

SKOLENUUS 27/02/2017

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Suidies is trots op hul swemmers en wil die volgende leerders gelukwens wat die UGU Distrik skolespan gehaal het en deelneem aan die proewe by Kings Park op 5 Maart 2017:  Carla Kretzschmar, Keytin Vorster, Michelle Kretzschmar, Janine Oosthuizen, Arno Smith, Jason Steyn, JD Steyn, Charles Thompson en Marcé Strydom.

Suidies Junior krieketspan het teen Scottburgh gespeel en met 9 lopies verloor.

Suidies se eerste rugbyspan het Vrydagaand die nagreeks afgesluit deur teen Toti High te speel.  Die eerste helfte was Suidies 0-10 agter en tweede helfte het hulle teruggeveg en wen die wedstryd 12-10.  Otto Botha en Declan Peens het die span se drieë gedruk.  Siya Cele word as die voorspeler en Declan Peens word as die agterlynspeler van die wedstryd gekies.

FOTO NAME

Voor:  Arno Smith, Jason Steyn, Marcé Strydom. Carla Kretzschmar

Agter:  Janine Oosthuizen, Charles Thompson, Michelle Kretzschmar, JD Steyn

Afwesig:  Keytin Vorster