Author Archives: Admin

SKOLENUUS 16/03/2020

Vrydag, 13 Maart het Hoërskool Suid-Natal tesame met Suid-Natal Laerskool ‘n Area-kamp aangebied.  Landsdieners het spekboompies geplant, stiltetyd en “parkrun” was hoogtepunte.  Spokejag was ook op die lys van aktiwiteite.  Dit was ‘n onvergeetlike kamp wat met ‘n opelug konsert afgesluit het.  Viva Landsdiens!

Soos u weet het die President afgekondig dat alle skole sluit vanaf 18 Maart 2020 en heropen op 14 April 2020.

Die Mnr en Mej Suid-Natal funksie sal geskuif word na die tweede kwartaal, die datum … Read the rest

SKOLENUUS 09/03/2020

Suidies se eerstespan-hokkie, -netbal en – rugby het  by Scottburgh in toernooie gespeel.  Die spanne het met gemengde uitslae deelgeneem.  Dit was wel ‘n baie geslaagde toernooi gewees want spanne kon van die geleentheid gebruik maak om hul spanne uit te sorteer teen strawwe kompetisie.

Die Mnr en Mej Suid-Natal kaartjies is te koop by die skoolkantoor, hierdie is beslis ‘n spog geleentheid wat u nie moet misloop nie.  Kaartjiekoste R50 per persoon en dit vind plaas in die skoolsaal … Read the rest

SKOLENUUS 02/03/2020

Ons het ‘n uiters geslaagde Sportdag Saterdag 29 Februarie gehou. Daar was 10 skole genooi en ons het rugby, netball en hokkie gespeel. Heerlike eetgoed was beskikbaar en almal het hulle terdeë geniet.

Dankie aan almal wat deel was van hierdie nuwe tradisie by ons skool!

 … Read the rest

Suid-Natal UGU Atletiek Uitslae

Suid-Natal leerlinge het 20 en 21 Februarie aan die Ugu-atletieproewe deelgeneem en het uitstekend gevaar. Die Ugu-span sal binnekort aangekondig word.

Die uitslae volg:

Fourie Martin – Spiesgooi (2de)

Foxcroft Keanu – Hoogspring (2de) Verspring (1ste) Diskus (1ste) Spiesgooi (2de)

Robbertse Willa – Spiesgooi (1ste)

Jansen Jansen – Hoogspring (1ste) Verspring (1ste)

Kretzschmar Carla – Hoogspring (1ste)

Wichman Marleoné – Verspring (1ste)

Jooste Michael – Gewigstoot (1ste) Driesprong (1ste)

Nel Leandrie – Gewigstoot (1ste) Diskus (1ste)

Pelser Joshua – Spiesgooi … Read the rest

SKOLENUUS 17/02/2020

Landsdiens organiseer Valentynsvieringe

Heelwat leerders het naamlose Valentynsgeskenkies ontvang en dit het die dag met opwinding laat begin.

Die personeel is ook met verversings en verrassingsgeskenkies bederf.

Ten spyte van die oorweldigende  hitte, was daar genoeg energie oor om met mening te sokkie. En alhoewel die donkerte oor ons toegesak het, het die leerders die dag op ‘n hoë noot afgesluit.

Dankie aan die Landsdienslede wat help organiseer het aan die dag se gebeure.… Read the rest

SKOLENUUS 10/02/2020

Die Graad 8’s het Vrydag, 7 Februarie 2020, Groentjiekonsert gehou en hulle gate uit geniet.

Verskeie danspassies en grappige insidente het vir ‘n aand van pure plesier gesorg.

Die tema van die groentjiekonsert was “Lord & Lady”

Die volgende toekennings was by die konsert gemaak:

Mees belowend                    –           Lana Badenhorst

Mnr Voor-op-die-wa             –           Seth Ferreira

Mej Elegant                           –           Desiree du Plooy

Mnr Charming                      –           Hannes Hoffman

Mej Bok-vir-Sport                  –           Nikita Grobler

Mnr Bok-vir-Sport                 –           Aldrich Wichmann

Mej Persoonlikheid              –           Luca … Read the rest

SKOLENUUS 03/02/2020

Mnr J Herbst – Skoolhoof

Geluk aan mnr Jakkie Herbst wie se aanstelling as skoolhoof van Suid-Natal Hoërskool nou amptelik aangekondig is.  Hy is beslis nie ‘n nuweling nie en is die afgelope 2 jaar betrokke as Adjunkhoof van die skool.

 


Die interhuisgala was ‘n reuse sukses.  Baie dankie vir elke besigheid en ouer wat ons gehelp het met die leen van gazebo’s, dit het ‘n groot bydra gelewer tot die dag se sukses.

Die verskeie ouderdomswenners:

0/14       dogters … Read the rest

SKOLENUUS 27/01/2020

SUIDIES Sê TOT SIENS …

Suidies groet twee van hul personeellede en wens hulle sterkte toe vir die toekoms.

Mev Marie Botha was vir 30 jaar deel van Hoërskool Suid-Natal.  Sy was die laaste agt jaar die hoof van die skool.  Waar sy nou ‘n nuwe fase in haar lewe betree, wens ons haar net voorspoed en geluk toe.  Welverdiende rus!

Mev Zurette Viljoen was deel van die Afrikaanse department.  Ons wens haar voorspoed toe waar sy ‘n nuwe loopbaan-rigting … Read the rest

SKOLENUUS 20/01/2020

Suidies is baie trots op Michelle Kretszchmar wat as Dux Leerder vir 2019 aangewys is.  Michelle spog met 6 A’s.  Sy was ook ons Hoofdogter van 2019 en een van die top sportpreseerders.  Michelle jy het behoorlik op elke gebied uitgeblink, voorspoed met jou toekoms!

Michelle het 2de plek en Rochelle Potgieter ‘n 4de plek in die Sayidi streek behaal.  Michelle verwerf ook ‘n 5de plek in die UGU distrik.

Ons sê geluk aan ons matrikulante van 2019 met hul … Read the rest

SKOLENUUS 25/11/2019

SUIDNATALLER VAN DIE JAAR

Geluk aan Michelle Kretzschmar wat die gesogte toekenning opraap.  Jy was voorwaar ‘n goeie voorbeeld vir elke leerder op sport-, kultuur- en akademiese gebied.

Die volgende leerders het Kultuurtoekennings ontvang:

Linki Buitendagh Afrikaans Redenaar
Ankia Stander & Michelle Kretzschmar Debaters of the year & Most versatile speakers in English activities
Ankia Stander Best speaker in English
Duncan Hayes & Michelle Kretzschmar ontvang Leierskap vir 2019
Ankia Stander Ontvang oor die Kultuurtoekenning van die jaar

Foto:  … Read the rest